← Back to team overview

ubuntu-za-maties team mailing list archive

Ubuntu hour - notule

 

Ek dink dit is 'n goeie idee dat ons net die punte wat bespreek is by
vanmiddag se Ubuntu-hour deurgee aan die ander Linux gebruikers op kampus.

Hier is wat ek kan onthou:

1. 'n Hele paar van ons kom agter dat ons internet rekeninge hoër is
hierdie jaar as verlede jaar. Daar word ook vermoed dat van ons moontlik
betaal vir netwerk verkeer na websites sooshttp://weather.sun.ac.za  wat
plaaslik lê. Hierdie is nie bewys nie, maar volgens van die mense het
hulle internet rekening aansienlik gestyg nadat hulle bogenoemde website
lank oopgelos het. Daar is ook sulke klagtes op IRC/RooiHub ontvang.
Sommige mense dink die pac file het verander.

2. Die Ubuntu gebruikers het nogsteeds probleme om internet toegang van
agter die proxy server te kry. Van ons het ons eie transparent proxies
opgestel en het dan nie probleme nie. Die selfde geld vir mense met
selfone wat die wifi netwerke op kampus gebruik. 'n Transparent proxy
sal ons ook beter internet toegang gee.

3. Daar word weer beplan om 'n Ubuntu release party te hou as 11.04
uitkom. (Dewald sal dit reël?)

4. Ubuntu.sun.ac.za se quick start guide moet verander word om te sê hoe
Pynetkey se .deb installer te gebruik eerder as die handmatige manier
van die lêers oorkopiëer.

5. Ubuntu cd's wat by studente IT en die biblioteek uitgedeel word moet
'n papiertjie by kry met die adres vanwww.ubuntu.sun.ac.za. Miskien 'n
"go here for help" label. Daar word beplan om Ubuntu cd's daar uit te deel
aangesien daar gereeld navrae is oor watter bedryfstelsel op die
biblioteek se kiosks hardloop, sowel as eerstejaar BSc en BIng studente
waarvoor Ubuntu aanbeveel word. Hierdie studente weet dan nie wat om te
doen na die installasie om netwerk toegang te kry nie en keer dan gereeld
terug na Windows.

6. Te min mense weet van die Ubuntu poslyste/Facebook groep. Hopelik sal
bogenoemde daarmee help.

7. Personeel by IT hulplyn wat nie 'n goed genoeg kennis van die stelsel
het nie.

8. As 'n mens op jou rekenaar na MFM luister moet 'n mens inetkey oop
he^ en vir die bandwydte betaal. Dit lyk vir ons onnodig. Dit is heel
maklik om op-kampus besoekers met 'n ip filter te herlei na 'n plaaslike
streaming server as na die internet stream. Die plaaslike server kan
Flumotion gebruik soos wat by die biblioteek se Open Access seminaar
gedoen is.

9. Studente wat vra vir gratis toegang tot Google Docs word deur IT
aanbeveel om eerder Microsoft Sharepoint te gebruik. Dit is vir
akademiese doeleindes en die twee produkte werk nie die selfde nie. 'n
Ander opsie is om Etherpad plaaslik te hardloop.

10. Websites wat op kampus lê laai stadig as daar dele daarvan van die
internet gehaal moet word en 'n mens nie Inetkey oop het nie.

11. Hoë internet tariewe en laer as verwagte spoed het die res van die
gesprek oorheers. Ook is daar gewonder wat gaan gebeur as die 10gbps
SANREN kabel klaar gelê is. Gratis plaaslik en/of gratis toegang na
alles op Tenet?


Reply asseblief as daar iets is wat ek uigelaat het of as daar kommentaar is.
JP Meijers