← Back to team overview

ubuntu-l10n-af team mailing list archive

Re: Gebruik van hoofletters in Afrikaanse vertalings

 

Dagsê

As amatuervertaler kan ek net my mening gee hieroor ook, maar ek dink dis
belangrik dat daar 'n vasgestelde standaard geskep word rondom hoofletters.

In afrikaans sover ek weet is die gewoonte en reël dat hoofletters spaarsaam
gebruik word en aangesien ons die sagteware vertaal vir gewonde gebruikers
daar buite dink ek dit is in goeie gees as mens dit so gehoorsaam. Ek maak
ook baie gebruik van die nederlandse vertalings om my te help as ek onseker
is oor watter rigting om in te slaan met 'n frase. Die beste riglyn glo ek
egter is om as fondament te kyk na die Afrikaanse woordelys en Spelreëls.
Interessante skakel met opsomming van die reëls:
http://us.oocities.com/afrikaanse_spelreels/09hoofletters.html

<http://us.oocities.com/afrikaanse_spelreels/09hoofletters.html>Met die in
gedagte kan ons dan seker seker 'n wiki opstel hiervoor om bestaande en
voornemende vertalers te help, en standaarde vas te lê vir eenvormigheid.

Net vir informasie omtrent die ondergenoemde voorbeelde:
CD Afbeeldings = CD-afbeeldings
Skyf afbeeldings = Skyfafbeeldings

Groete en dankie vir die belangstelling.
Sal graag van die ander meer gesoute vertalers ook wil hoor hieroor.

2010/7/19 Rilke, A <arthurrilke@xxxxxxxxx>

> More almal
>
> Ek het onlangs begin help met die vertaling van Ubuntu.
>
> Net 'n vinnige vraag oor iets wat my kwel.
>
> Is daar 'n beleid in Afrikaans oor wanneer ons die hoofletters wat in
> die Engels gebruik word respekteer, en wanneer nie?
>
> Hier is 'n skakel na die "Capitalization Style Guidelines for User
> Interace Elements" in Engels:
>
> http://library.gnome.org/devel/hig-book/nightly/design-text-labels.html.en#layout-capitalization
>
> Ek kom byvoorbeeld sulke teenstrydighede tee:
>
> CD Images --> CD Afbeeldings
> Disk Images --> Skyf afbeeldings
>
>
> Ek hoor graag julle menings hieromtrent.
>
>
> Groete
> Arthur Rilke
>
>
>
> _______________________________________________
> Mailing list: https://launchpad.net/~ubuntu-l10n-af
> Post to     : ubuntu-l10n-af@xxxxxxxxxxxxxxxxxxx
> Unsubscribe : https://launchpad.net/~ubuntu-l10n-af
> More help   : https://help.launchpad.net/ListHelp
>



-- 
Marsel Pretorius

Follow ups

References